Hulp:Vertaling

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Help:Translation and the translation is 100% complete.

Let daarop dat ons probeer om Wikispecies so taal-neutraal as moontlik te hou. Daar is egter wel 'n Vertalings-uitbreiding op Wikispecies geïnstalleer, en jy is welkom om te help om die hulp- en riglynbladsye te vertaal.

Alle bladsye in die volgende naamspasies is beskikbaar vir vertaling:

  • Wikispecies: (Wikispecies)
  • Hulp: (Help)
  • MediaWiki: (MediaWiki)
  • Sjabloon: (Template)

Wees bewus daarvan dat, alhoewel dit algemeen is in sommige taal-ortografieë – veral Frans – kan ons nooit 'n spasie tussen die naamspasie-naam en die dubbelpunt hê nie, vir tegniese MediaWiki redes. Daarom sal MediaWiki altyd Help: gebruik en nie Help : nie.

Hoe om te help

  • Jy kan help deur bladsye te merk vir vertaling. 'n Handleiding is hier beskikbaar. Vertalingsadministrateurs sal die vertalingsfunksie op die bladsy aanskakel.
  • Jy kan ook inhoud vertaal wanneer jy 'n "Vertaal hierdie bladsy"-nota bo-aan 'n bladsy of op Special:Translate en Special:PageTranslation sien.
  • Jy kan ook byvoegings maak tot alle skakels wat verwys na bladsye met naamspasies bokant Special:MyLanguage/. Die skakel sal die gebruiker herverwys na die taalkorrekte weergawe van die bladsy, na aanleiding van die gebruiker se voorkeurkeuses.
    Byvoorbeeld: Vervang [[Wikispecies:Policy|Policy]] met [[Special:MyLanguage/Wikispecies:Policy|Policy]]
    Vir gevalle soos [[Wikispecies:Policy]], las 'n pypsimbool ("|") by, gevolg deur die oorspronklike skakel, as volg: [[Special:MyLanguage/Wikispecies:Policy|Wikispecies:Policy]]
  • Besoek Wikispecies:Lokalisering om te help met die vertaling van individuele items op die gebruikerskoppelvlak van die meeste van ons artikels.
  • Die Taalstatistiek bladsy is nuttig vir die opsporing van "boodskapgroepe" wat vertaal moet word. Vul jou taal se ISO 639 taalkode in en klik op die "Wys statistieke"-knoppie om 'n lys met die persentasie van voltooide vertalings in elke boodskapgroep te sien, tesame met 'n direkte skakel na hulle onderskeie vertalingsbladsye.
  • Enige vrae? Gebruik aub. die Kennisgewingbord vir Vertalingsadministrateurs.