Jump to content

Wikispecies:Administrateurs

Shortcuts: WS:ADMIN, WS:RFA, WS:SYSOP
From Wikispecies
This page is a translated version of the page Wikispecies:Administrators and the translation is 95% complete.
Outdated translations are marked like this.
Om 'n administrateur vinnig te kontak, gaan na die Administrateurs se Kennisgewingbord. (Indien jy egter 'n Vertalingsadministrateur wil kontak, gebruik eerder die Vertalingsadministrateurs se Kennisgewingbord.)

Administrateursvoorregte word toegeken aan bekende en vertroude lede van die gemeenskap wat Wikispecies-beleid goed ken. Administrateursvoorregte impliseer nie redaksionele gesag oor die projek nie.

Jy mag aansoek doen om administrateurskap op Wikispecies indien jy aan die volgende vereistes voldoen:

  • Jy is nie heeltemaal onbekend met Wikimedia-projekte nie. Jy is al vir minstens 2 maande 'n redigeerder en jy verstaan en stem saam met die mikpunte van die projek.
  • Jy het 'n gebruikersbladsy op Wikispecies en jy maak bydraes hier.
  • Jy stem in om relevante beleid na te volg en die konsensus van Wikispecies-gebruikers te respekteer.
  • Daar is konsensus onder die gebruikers hier dat jy 'n geskikte administrateur sal wees.

You can use the Admin Stats logs at XTools (2023, 2024) to see up-to-date statistics of our Administrators' activities. The logs will only show activities that are admin-specific; it will not list more commonplace activities such as editing taxon pages or adding comments to talk pages.

In navolging van die beleid vir administrateurstoegang op Meta, mag onaktiewe administrateurs se voorregte deur 'n rentmeester opgeskort word.

Administrateurs se magte

Administrateurs het die tegniese vermoëns om die volgende te doen:

  • gebruikersrekeninge en IP-adresse te weerhou van redigering (blok), en weer oop te stel (ontblok)
  • 'n betrokke bladsy te beskerm om redigering te beperk, en weer beskerming op te hef
  • bladsye te verwyder en weer te herstel
  • prente en ander opgelaaide lêërs te verwyder
  • beskermde bladsye, sowel as die koppelvlak (behalwe bladsye wat beperk is net vir Koppelvlakadministrateurs), te redigeer

Administrateurs aanvaar hierdie verantwoordelikhede as vrywilligers na afloop van 'n gemeenskaps-oorsigproses. Hulle tree nie op as werknemers van die Wikimedia-Stigting nie. Hulle kán en mag nooit hulle gereedskap gebruik om hulself te bevoordeel in enige dispuut waarin hulle dalk mag betrokke wees nie.

Toekenning

Administrateursstatus kan toegeken word deur enige Burokraat, en mag opgehef word deur 'n Rentmeester ingeval van misbruik.

Misbruik van administratiewe gereedskap

Die misbruik van administratiewe gereedskap word beskou in 'n ernstige lig. Administratiewe gereedskap word beskikbaar gestel aan vertroude gebruikers vir gebruik in onderhoud en ander take, en behoort met omsigtigheid gebruik te word. Ernstige misbruik kan lei tot beperking of opheffing van voorregte. Misbruik word gedefineer, en die gevolge daarvan word besluit, deur konsensus van die Wikispecies-gemeenskap.

Lys van Administrateurs

Wikispecies het 23 administrateurs (insluitende 1 robot). Die huidige lys verskyn by Special:ListUsers/sysop.

Administrateur Laaste aktiwiteit
1234qwer1234qwer4 2025 (check)
Andyboorman 2025 (check)
Burmeister 2025 (check)
Christian Ferrer 2025 (check)
Dan Koehl 2024 (check)
DannyS712 2024 (check)
EncycloPetey 2025 (check)
Faendalimas 2025 (check)
Floscuculi 2024 (check)
Hector Bottai 2025 (check)
Keith Edkins 2025 (check)
Koavf 2025 (check)
Mariusm 2025 (check)
MKOliver 2025 (check)
MPF 2025 (check)
Neferkheperre 2025 (check)
OhanaUnited 2025 (check)
PeterR 2025 (check)
Pigsonthewing 2025 (check)
RLJ 2025 (check)
Thiotrix 2025 (check)
Tommy Kronkvist 2025 (check)
Robotte met administrateurstatus: Laaste aktiwiteit
Abuse filter* 2013 (check)*

(* Hierdie robot funksioneer ten volle outomaties en verrig take in opdrag van die eweneens vol-outomatiese oorhoofse MediaWiki Misbruikfilter-uitbreiding. 'n Newe-effek is dat die aktiwiteit daarvan nie plaaslik sigbaar is in Wikispecies se openbare aktiwiteits-loglêërs nie. Instede daarvan wys die 'laaste aktiwiteit'-datum hierbo wanneer die robot vir die eerste keer op Wikispecies geaktiveer is.)

Gereedskap

IRC vir administrateurs

Wikispecies het 'n IRC-kanaal wat die opsie van lewendige kommunikasie bied; #wikispecies-admins (IRC-kanaal) is op uitnodiging toeganklik vir lede.

Aanwysings

  1. Voordat jy kan aansoek doen om toegang, moet jy eers jou gebruikersnaam registreer, en inteken.
  2. Tik "/nick theusernameyouwantgoeshere" om daardie gebruikersnaam te begin gebruik,
    en registreer deur "/msg nickserv register yourpassword youremail" te tik.
    Om jou epos-adres privaat te hou, tik: "/msg nickserv set hidemail on"
    Om te keer dat ander jou naam kan gebruik terwyl jy aflyn is, tik: "/msg nickserv set enforce on"
    Daarna moet jy in die toekoms inteken met "/msg nickserv identify yourpasswordgoeshere" (sommige kliënte kan dit outomaties doen wanneer jy inteken).

jy verkry toegang tot die kanaal met die opdrag /join #wikispecies-admins.

Poslys

Daar is 'n poslys by mail:wikispecies-admin, wat nuttig is vir koördinering buite wiki-verband; administrateurs word aanbeveel om in te teken op die lys.

Administrateursgebruikerskassie op Wikispecies

Hierdie gebruiker is 'n administrateur op Wikispecies. (bevestig)

Administrateurs mag die administrateursgebruikerskassie op hulle gebruikersbladsy invoeg. Kopieër en plak die volgende kode op jou gebruikersbladsy:

{{User Admin}}

Gebruikerskassie op Meta-Wiki

Indien jy 'n Meta-Wiki gebruikersbladsy het, kan jy die Wikispecies administrateursgebruikerskassie vir Meta op jou Meta-Wiki gebruikersbladsy invoeg.

Versoeke om administrateurskap

Verduidelik asseblief hier waarom jy administrateurstoegang nodig het. Na sewe dae, indien daar algemene instemming is dat jy 'n administrateur behoort te wees, sal een van die burokrate die versoek nakom.

Jy kan {{subst:RFA|Gebruikersnaam|Waarom wil jy 'n administrateur wees.}} gebruik om outomaties die aansoekvorm te skep.

Huidige versoeke

  • None

Vorige versoeke