Shortcut: WS:CSD

Wikispecies:Maatstawe vir onmiddelike verwydering

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Wikispecies:Criteria for speedy deletion and the translation is 100% complete.

Maatstawe vir onmiddelike verwydering

Wikispecies se verwyderingsbeleid laat administrateurs en burokrate toe om bladsye summier te verwyder indien hulle voldoen aan een of meer van die maatstawe vir onmiddelike verwydering. Enige gebruiker mag bladsyse vir verwydering voorstel. Verwydering is omkeerbaar, maar slegs deur administrateurs en burokrate.

Indien jy 'n bladsy wil voorstel vir onmiddelike verwydering, voeg {{Delete|Rede}} heel bo-aan die bladsy in, en vervang "Rede" met jou spesifieke rede vir die versoek om verwydering. Dit sorteer die bladsy in die Kategorie:Kandidate vir onmiddelike verwydering wat gereeld deur administrateurs nagegaan word.

Algemeen

  1. Toetsbladsy of onsin. Dit sluit in toetswysigings (bv.: "asdf" of "Kan ek sowaar hier 'n bladsy skep?"), ooglopende onsin sonder betekenisvolle inhoud, stukkende prente, of gewoon leë bladsye.
  2. Heroplaai van reedsverwyderde inhoud onder hierdie verwyderingsbeleid, tensy dit beduidend herskryf is om die rede vir vorige verwydering aan te spreek.
  3. Geskorste bydraer. Inhoud uitsluitlik geskep of gewysig deur 'n geskorste gebruiker nadat hulle geskors is, en waar daar 'n moontlikheid van kwade bedoelings is. Goeie bydraes deur 'n geskorste gebruiker behoort aanvaar te word, maar waar kwade bedoelings waarskynlik is moet dit liefs aanvaar word dat dit wel so is. Let daarop dat hierdie 'n omstrede klousule is en sulke verwyderings mag betwis word.
  4. Oorbodige inhoud. 'n Bladsy wat identies aan 'n ander is, met geen beduidende verskille tussen hulle nie.
  5. Kopieregskending. Inhoud wat 'n duidelike en bewese skending van kopiereg is, of reeds voorheen verwyder is as 'n kopieregskending.
  6. Outeursversoek. Verwydering op versoek van die outeur, in gevalle waar die outeur die enigste beduidende bydraer is, die versoek in goedertrou gemaak word, en die inhoud nie tot voordeel van Wikispecies is nie.
  7. Bladsye en media-lêërs wat duidelik irrelevant of buite die raamwerk van die Wikispecies-projek is, insluitende ooglopende advertensies en gemorspos.
  8. Inhoud bedoel as vandalisme, afdreiging of aanval. Dit sluit in fopbladsye, bladsye met duidelike disinformasie, of bladsye wat daarop gemik is om 'n onderwerp op enige wyse te minag of af te dreig.

Inhoudbladsye

  1. Artikels wat ge-transwiki is na 'n ander Wikimedia-projek, in gevalle waar 'n sagte herleiding ontoepaslik sal wees.

Prente

Word nie meer gebruik nie sedert plaaslike oplaaie gedeaktiveer is
  1. Nie-kommersiële of slegs-met-toestemming prente.
  2. Lêërs wat steeds bronloos of lisensieloos bly meer as sewe dae nadat die oplaaier daarvan verwittig is.
  3. Beskikbaar op Wikimedia Commons. Lêërs wat identiese of afgeskaalde duplikate van lêërs wat beskikbaar op Wikimedia Commons onder dieselfde lêërnaam is; indien die lêërnaam op Commons verskil, moet die plaaslike naam verwees word of herlei word na eersgenoemde op Commons.

Allerlei

  1. Onbeduidende verwyderings wat hoogs onwaarskynlik is om omstrede te wees (soos daardie in voorbereiding tot 'n bladsyskuif of geskiedenissamesmelting).
  2. Onnodige of stukkende herleidings wat nie 'n beduidende wysingingsgeskiedenis het nie.
  3. Onnodige kletsbladsy. 'n Bespekingsblad vir inhoud wat verwyder is of nie bestaan nie.
  4. Kategorieë wat leeg is vir minstens 30 dae en nie gemerk is as nodig vir die naspeuring van programfoute nie.