Hulp:Riglyne vir Prente

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Help:Image Guidelines and the translation is 100% complete.

Oplaai van prente

Indien jy prente van spesies het en dit wil vertoon op Wikispecies is jy baie welkom om so te maak, onderhewig aan die volgende voorwaardes. Die Wikimedia-Stigting se bewaarplek vir prente, en ander multimedia-lêërs, is by Wikimedia Commons.

Indien jy die oorspronklike outeur van jou prente is, moet jy bereid wees om hulle vry te stel onder lisensies wat vir Wikimedia Commons aanvaarbaar is. Daar is verskeie verkillende Creative Commons lisensies waaronder jy jou prente kan vrystel. Indien jy nie die oorspronklike outeur is nie, moet jy verseker dat jy nie inbreuk maak op kopiereg deur die prente te publiseer nie. Prente wat in die openbare domein is, of prente wat vrygestel is onder die GNU Gratis Dokumentasielisensie of die GNU Algemene Openbare Lisensie word toegelaat in Wikimedia Commons, sowel as sommige Creative Commons lisensies. Vir 'n volledige oorsig van wat toegelaat word en wat nie, verwys na Commons:Lisensiëring.

Sodra jy op 'n geldige lisensie besluit het, kan jy jou prent begin oplaai. Verseker dat jy dit etiketteer met die toepaslike lisensie, en voeg besonderhede oor die prent by. Besonderhede moet ten minste die binomiale Latynse naam insluit, sodat ander gebruikers jou prent kan opspoor, en presies weet waarvan dit is. As jy nie honderdpersent seker is van die identifikasie nie, kan jy die prent etiketteer met byvoorbeeld" "Passer sp. (Hierdie is 'n spesies van die genus Passer, maar ek is nie seker watter een nie)." Benewens hierdie noodsaaklike inligting kan jy ook ander besonderhede bylas, soos waar die prent geneem is, ens.

Gebruik

Passer domesticus
  • Moenie volksname by prentbyskrifte insluit nie. Dit is in navolging van Wikispecies se beleid om taal-onafhanklik te wees.Vermy dit ook om grafiese daarstellings van prehistoriese lewe, soos bv. tekeninge van dinosaurusse, by te voeg. Hulle is dikwels verkeerd en elkgeval onmoontlik om te verifeer. Gebruik eerder 'n foto van die betrokke fossiel self.
  • Vir genus- en familie-artikels is dit nuttig vir verdere identifikasie van die spesies om 'n wiki-skakel na die presiese spesies in die byskrif in te sluit; verwys na Carcharodon vir 'n voorbeeld.
  • Indien toepaslik en beskikbaar is twee prente, 'n mannetjie en 'n wyfie, normaalweg voldoende vir een spesies.

Om 'n prent by te las in Wikispecies is dan maklik:

Opsie 1

Voeg die prent by in die Wikidata-item vir die takson, en las dan {{Image}} by as die eerste lyntjie van die artikel. Niks anders is nodig nie.

Opsie 2

  • Plaas altyd die prent bo regs in die hoek van die bladsy. (In die redigeerder sal dit op die eerste lyntjie wees)
  • Kies 'n geskikte grootte (220 px vir portret- en 250 px vir landskapformaat)
  • Slegs een prent per spesies, tensy die spesies seksueel dimorfies is
  • Wanneer daar meer as een prent op Commons is, kies die een wat die meeste besonderhede wys.

Sit die prentetiket direk bokant die Taksonnavigasie-opskrif:

[[File:HouseSparrow23.jpg|thumb|250px|''Passer domesticus'']]

Alternatiewelik kan jy in hierdie geval ook die {{Image}} sjabloon gebruik; jy sal egter alle formatteringsparameters moet uitlaat, en anders as vir "Opsie 1" hierbo moet jy nou ook die lêërnaam gee, bv.:

{{Image|HouseSparrow23.jpg|''Passer domesticus''}}

Byskrifte

Let daarop dat alle taksonname in byskrifte, wanneer dit op genusvlak of laer is, altyd in skuinsdruk moet wees, terwyl name op familievlak of hoër nooit in skuinsdruk is nie. Dieselfde geld vir alle ander name: outeurs, joernale, bergplekke ens., is ook nooit in skuinsdruk nie.

Vernacular names section Image Guidelines/af Author Names