Shortcut: WS:KEYS

Wikispecies:Samewerking met ZooKeys en PhytoKeys

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Wikispecies:Collaboration with ZooKeys and PhytoKeys and the translation is 100% complete.

Op 6 Julie 2009 het Wikispecies 'n samewerkingsooreenkoms met ZooKeys van stapel gestuur. Laat in 2010 het PhytoKeys ook daarby aangesluit. Beide ZooKeys en PhytoKeys het dieselfde moedermaatskappy, Pensoft Uitgewers, en beide is eweknie-beoordeelde, vrye-toegang wetenskaplike joernale. ZooKeys konsentreer op die taksonomie, filogenie, biogeografie en evolusie van diere, terwyl PhytoKeys fokus op plantsistematiek. Anders as meeste ander joernale is artikels in beide ZooKeys en PhytoKeys gratis beskikbaar vir aflaai, uitspeel en verspreiding, in HTML-, XML-, en PDF-formaat.

Oorsig

Met ingang 9 Julie 2009 sal prente van spesies wat in ZooKeys beskryf word opgelaai word na Wikimedia Commons vir gebruik in Wikispecies. Prente word gekopieër of uitgesny uit ZooKeys-artikels, soms met klein verbeteringe. Alle ZooKeys-prente dra 'n Creative Commons Attribution 3.0 lisensie (CC-BY 3.0). Op Wikimedia Commons word ZooKeys-prente geplaas onder Kategorie:Media vanaf ZooKeys.

Op 1 November 2010 is PhytoKeys, die sustersjoernaal van ZooKeys, bekendgestel. Net soos vir ZooKeys, word PhytoKeys-prente ook onder CC-BY 3.0 gelisensieër. Prente word na Wikimedia Commons opgelaai onder Kategorie:Media vanaf PhytoKeys.

Kontak asseblief User:OhanaUnited met enige vrae rakende prente (insluitende die outeurs, bron, hergebruiksinstruksies, ens.), of om toekomstige samewerkingsooreenkomste aan te gaan.