Shortcut: WS:CU

Wikispecies:Gebruikerspeurders

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Wikispecies:Checkusers and the translation is 100% complete.

Kenteken van die Wikispecies Gebruikerspeurderinstrument en die Gebruikerspeurderspan

Wat is 'n gebruikerspeurder?

Gebruikerspeurders is hoogs-vertroude gebruikers met die tegniese vermoëns om die privaatdata van 'n gebruiker, soos hulle IP-adres, te sien. Dit word gedoen om te bepaal of 'n gebruiker dalk meervoudige rekeninge misbruik (meervoudige onverklaarde rekeninge wat almal deur dieselfde redigeerder beheer word, en gebruik word vir bedrieglike en ontwrigtende doeleindes, word gewoonlik marionetrekeninge genoem).

Gebruikerspeurders is tegnies bekwaam om te:

  • Bepaal vanaf watter IP-adresse 'n gebruiker 'n wysiging gemaak het, of enige aangetekende aksie of wagwoord-herstel op die Wikimedia wiki gedoen het;
  • Bepaal watter wysigings, aangetekende aksies en wagwoord-herstelle op die Wikimedia wiki vanaf 'n spesifieke IP-adres gedoen is (selfs terwyl dit ingeteken is);
  • Bepaal of die gebruiker wat nagegaan word 'n epos gestuur het aan enige ander gebruiker met behulp van die MediaWiki-koppelvlak.

Hierdie gereedskap word gewoonweg gebruik om vandalisme te bekamp, die misbruik van marionetrekeninge na te gaan, en om ontwrigting van die projek in te kort. Sulke misbruike kan aangespreek word deur skorsings wat deur die gebruikerspeurders self ingestel word, daarom is gebruikerspeurders gewoonlik ook administrateurs. Die gebruik van gebruikerspeurdergereedskap en die vrystelling van privaatdata word beperk deur die Meta-gebruikerspeurderbeleid en die WMF beleid oor toegang tot nie-openbare data. Die aksies van Gebruikerspeurders word aangeteken, maar om privaatheidredes kan die logs slegs deur ander Gebruikerspeurders gesien word. Vir hierdie rede, ter wille van wedersydse aanspreeklikheid, moet Wikispecies nooit minder as twee gebruikerspeurders hê nie.

Aansoek om gebruikernaspeuring

Diegene wat 'n versoek vir die ondersoek van 'n marionetrekening wil indien kan gaan na Wikispecies:Versoeke vir gebruikernaspeuring en die vorm daar invul.

Lys van Gebruikerspeurders

Daar is 3 gebruikerspeurders op Wikispecies. 'n Huidige lys is beskibaar by Special:ListUsers/checkuser.

Gebruikerkassie

Hierdie gebruiker is 'n gebruikerkontroleerder op Wikispecies. (bevestig)

Gebruikerspeurders mag die Gebruikerspeurdergebruikerskassie op hulle gebruikersbladsy invoeg. Kopieër en plak die volgende kode op jou gebruikersbladsy:
{{User Checkuser}}

Samesprekings

Verwys ook na Wikispecies-projek: Plaaslike Gebruikerspeurderbeleid-besprekings

Hoe word mens 'n gebruikerspeurder?

Ten eerste, lees Wikispecies:Gebruikerspeurders/Hoe?.

Daarna, wanneer jy gereed is, rig 'n aansoek deur middel van die kassie hier onder, nadat jy Username met jou eie gebruikernaam vervang het.



Ter wille van groter deursigtigheid word alle versoeke wat hier gerig word ook ingevoeg op die sentrale Wikispecies:Requests for Comment-bladsy.