Hulp:Taksonnavigasie-afdeling

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Help:Taxonavigation section and the translation is 100% complete.

Die taksonnavigasie-afdeling is waarskynlik dié belangrikste deel van Wikispecies en baie tyd word daaraan spandeer om dit in stand te hou. Dit is ook die afdeling wat die meeste bespreking ontlok. Wanneer die wetenskap nie eenstemmig is oor die status van betrokke taksa nie, moet die Wikispecies-gemeenskap noodwendig self 'n besluit daroor neem, wat dan hierdie besprekings aanvuur. Desnieteenstaande word bespreking verwelkom.

Taksonnavigasie-afdeling

Die Wikispecies-gemeenskap het besluit op die formattering van hierdie afdeling na besprekings wat meer as 'n jaar geduur het. Die besluit was om 'n doodgewone ongeformatteerde lys te skep, aangesien dit die veelsydigste aanbieding toelaat.

Die taksonnavigasie-afdeling steun ernstig op sjablone. Verwys na Hulp:Projeksjablone vir meer inligting oor takson-sjablone. Hierdie afdeling is altyd die eerste ding op die bladsy, tensy daar 'n prent is.

'n Voorbeeld van 'n afdeling vir suprageneriese taksa
=={{int:Taxonavigation}}==
{{Voorgangersjabloon}}
Nasate: [[Nasaat1]] – [[Nasaat2]] – ... [[NasaatN]]

Dit is noodsaaklik om die kode  – hier by te las, ten einde te verseker dat bladsye behoorlik vertoon onafgesien van watter rekenaar of webblaaier gebruik word. Indien nie, mag lyste van nasate dalk op onvanpaste plekke afgebreek word.

'n Voorbeeld van 'n afdeling vir generiese en infrageneriese taksa (genus in dié voorbeeld)
=={{int:Taxonavigation}}==
{{Voorgangersjabloon}}
Genera: {{g|Nasaat2}} {{g|Nasaat2}} ... {{glast|NasaatN}}

Alhoewel dit moontlik is om genusvlak te doen sonder die gebruik van {{G}}/{{Glast}} word hierdie metode nogtans verkies. Indien sjablone nie gebruik word nie, moet jy onthou om elke naam individueel skuinsdruk te maak. Enigeiets laer as genusvlak behoort altyd die sjablone hier onder te gebruik.

Taksonnavigasie-sjablone

Wikispecies gebruik hierdie spesiale sjablone vir gemaklike formattering. Dit word ernstig aanbeveel dat almal die volgende gebruik:

Soort lys Wat om te tik Wat dit doen
Genus {{g|Genus1}} {{g|Genus2}} {{glast|Genuslast}}

Genus1 – Genus2 – Genuslast

Spesies {{sp|G|enus|species1}} {{sp|G|enus|species2}} {{splast|G|enus|specieslast}}

G. species1 – G. species2 – G. specieslast

Subspesies (Nie-Plantae) {{ssp|G|enus|s|pecies|sub1}} {{ssp|G|enus|s|pecies|sub2}} {{ssplast|G|enus|s|pecies|sublast}}

G. s. sub1 – G. s. sub2 – G. s. sublast

Subspesies (Plantae) {{subspplant|G|enus|s|pecies|sub1}} {{subspplant|G|enus|s|pecies|sub2}} {{subspplantlast|G|enus|s|pecies|sublast}}

G. s. subsp. sub1 – G. s. subsp. sub2 – G. s. subsp. sublast

Subspesies (Bacteria) {{subspbacteria|G|enus|species|sub1}} {{subspbacteria|G|enus|species|sub2}} {{subspbacterialast|G|enus|species|sub3}}

G. species subsp. sub1 – G. species subsp. sub2 – G. species subsp. sub3

Subgenus (Nie-Plantae) {{subg|G|enus|subg1}} {{subg|G|enus|subg2}} {{subglast|G|enus|subglast}}

G. (subg1) – G. (subg2) – G. (subglast)

Subgenus (Plantae) {{subgplant|G|enus|subg1}} {{subgplant|G|enus|subg2}} {{subgplantlast|G|enus|subglast}}

G. subg. subg1 – G. subg. subg2 – G. subg. subglast

Subgenus spesies {{sgsps|G|enus|S|ubg|species1}} {{sgsps|G|enus|S|ubg|species2}} {{sgspslast|G|enus|S|ubg|species3}}

G. (S.) species1 – G. (S.) species2 – G. (S.) species3

Sectio {{sect|G|enus|sect1}} {{sect|G|enus|sect2}} {{sectlast|G|enus|sectlast}}

G. sect. sect1 – G. sect. sect2 – G. sect. sectlast

Varietas {{var|G|enus|s|pecies|var1}} {{var|G|enus|s|pecies|var2}} {{varlast|G|enus|s|pecies|varlast}}

G. s. var. var1 – G. s. var. var2 – G. s. var. varlast

Meervoude van 'n takson

Nog iets om voor op te let is die gebruik van enkel- en meervoud. Gebruik enkelvoud (m.a.w. genus) op die genusbladsy, maar meervoud (m.a.w. genera) in genuslyste op bladsye van hoër taksa (selfs al is daar net een genus in die lys).

Taksa en hulle meervoude, in Latyn
Enkelvoud Meervoud
Regio Regiones
Regnum Regna
Phylum Phyla
Superclassis Superclasses
Classis Classes
Superordo Superordines
Ordo Ordines
Subordo Subordines
Superfamilia Superfamiliae
Familia Familiae
Subfamilia Subfamiliae
Divisio Divisiones
Cohors Cohortes
Sectio Sectiones
Tribus Tribus
Subtribus Subtribus
Genus Genera
Subgenus Subgenera
Sectio Sectiones
Series Series
Species Species
Varietas Varietates
Forma Formae


Formaat

  • Genera en alle taksa onder genusvlak word altyd in skuinsdruk geskryf. Moenie enige ander taksonvlak skuinsdruk maak nie. Wees bewus dat dinge soos "var.", "sect.", "subsp.", ens. ook nie in skuinsdruk moet wees nie (die gebruik van die toepaslike sjabloon kan hiervoor sorg).
  • Woorde wat in skakels bygevoeg word bloot om dubbelsinnigheid te vermy, behoort altyd weggesteek te word met behulp van 'n pypsimbool (bv. ''[[Genus (Familia)|Genus]]'').
  • Elke naam in die taksonnavigasie-afdeling moet 'n skakel wees, insluitende die naam van die bladsy self (hierdie self-koppeling is wenslik).
  • In ooreenstemming met die resultate van 'n Besprekingsblad-opname, word die gebruik van die {{BASEPAGENAME}} "towerwoord" nie aanbeveel vir taksonbladsye nie.
General Wikispecies Taxonavigation section/af Name section