Shortcut: WS:NOT

Wikispecies:Wat Wikispecies nié is nie

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Wikispecies:What Wikispecies is not and the translation is 100% complete.

Wikispecies is 'n aanlyn- gids tot species, en behoort as sulks behandel te word. Daar is sekere dinge wat Wikispecies nié is nie:

  • Wikispecies is nie inligtingsparagrawe oor spesies of taksonome nie. Sulke teksblokke is elkgeval taalgebonde en sal die verkeerde indruk skep dat Wikispecies 'n aftakking van Wikipedia is, wat dit nié is nie.
  • Wikispecies is nie papier nie. Daar is geen groottebeperkings nie.
  • Wikispecies is nie 'n algemene ensiklopedie nie. Wikispecies lys byvoorbeeld sommige van die bergplekke waar taksonomies belangrike tiepmateriaal, soos holotiepe bewaar word. Alhoewel sulke bergplekke dikwels verbonde is aan universiteite of museums, het Wikispecies nie enige bladsye oor die instansies as sulks nie, aangesien hulle geen werklike inset lewer tot die bepaling van taksonsistematiek nie. Vir inligting oor die instansies, verwys eerder na Wikipedia.
  • Wikispecies is nie 'n internetdiensverskaffer nie. Moenie Wikispecies gebruik om jou eie, oorspronklike inhoud te publiseer nie.
  • Wikispecies is nie 'n prentargief nie. Alhoewel prente van spesies 'n artikel kan verbeter, mag 'n bladsy nie net uit prente alleen bestaan nie, en abstrakte kunswerke mag ook nie as prente gebruik word nie. Moet byvoorbeeld nie kunstige daarstellings van prehistoriese lewe soos dinosauriërs of prehistoriese plante gebruik nie: hulle is selde feitelik korrek. Veel meer geskik vir Wikispecies is wetenskaplike afbeeldings en duidelike fotos van die organismes. Volgens ons Prentriglyne is net een, en dalk in enkele uitsonderlike gevalle twee, prente genoeg vir een spesie. As jy regtig jou fotos iewers wil oplaai, gebruik eerder Wikimedia Commons as Wikispecies – meer mense sal dit daar sien en kan gebruik.
  • Wikispecies is nie 'n lys van skakels nie. Oormatige gebruik van skakels na ander webwerwe sal beskou word as bemarking of advertensie, en die skakels sal verwyder word.