Wikispecies:Toesighouers

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Wikispecies:Oversighters and the translation is 100% complete.

Hierdie bladsy verduidelik toesighouers, ook bekend as onderdrukkers, op Wikispecies.

  • * Indien jy toesighouer-ondersteuning op Wikispecies benodig, stuur asseblief epos aan die rentmeesters met die diff-skakels of bladsygeskiedenisskakel wat onderdruk moet word, en 'n goeie verduideliking van die redes daarvoor. Moenie enige besonderhede in die openbaar pos nie. Rentmeesters behoort ook te kan help indien jy hulp benodig vir 'n probleem wat meer as een wiki aangaan.

Daar is tans 0 toesighouers op Wikispecies.

Oversighters as of April 2024: 0 (edit)

In emergencies (e.g. when no local oversighter is available), oversight requests can be referred to the stewards, who can be contacted at stewards-oversight@wikimedia.org.

Wat is 'n toesighouer?

Toesighouers is Wikispecies-administrateurs wat tegnies bemagtig is om data te verberg (onderdruk) sodat dit nie meer deur gewone redakteurs gesien kan word nie. Hulle is in staat om hersienings uit 'n bladsy- of medialêërgeskiedenis, gebruikername in wysigingsgeskiedenisse en loglêërs, en gedeeltes van individuele loginskrywings te onderdruk.

Onderdrukte data bly permanent ontoeganklik deur die wiki. Dit kan dus nie per ongeluk herstel word wanneer 'n bladsy verwyder en dan weer herstel word nie. Onderdukte data kan slegs deur toesighouers gesien en herstel word.

Volgens die oorhoofse beleid is daar vier gevalle wanneer onderdrukking goedgekeur sal word:

  1. Die verwydering van nie-openbare persoonlike inligting soos telefoonnommers, huisadresse, werksplekke of identiteite van individue wat onder skuilname of anoniem optree en wat nie hulle identiteit openbaar gemaak het nie, of openbare figure wat nie daardie persoonlike inligting openbaar gemaak het nie.
  2. Die verwydering van moontlik lasterlike inligting, hetsy:
    a) op aanbeveling van die Wikimedia-Stigting Regsgroep of;
    b) wanneer die saak ondubbelsinnig is en daar geen redaksionele rede is om die hersiening te hou nie.
  3. Die verwydering van kopieregskendings op aanbeveling van Wikimedia-Stigting regshulp.
  4. Die verberging van name op ge-outomatiseerde lyste en logs in gevalle van skreiende aanvalle, solank dit nie redigeringsgeskiedenisse ontwrig nie. 'n Skreiende aanval is een wat ooglopend bedoel is om iemand te verkleineer, af te dreig, belaster, beledig of teister.

Meta-beleid vir toesighouers

Wikispecies-toesighouers is verbind tot die meta-toesighouersbeleid, die meta-privaatheidsbeleid en die WMF-beleid oor toegang to nie-openbare data.

Hoe word mens 'n toesighouer?

Eerstens, lees Wikispecies:Oversighters/Howto.

Sodra jy gereed is, rig jou aansoek met behulp van die kassie hier onder en vervang Username met jou eie gebruikersnaam.



Ter wille van groter deursigtigheid word alle versoeke wat hier gerig word ook ingevoeg op die sentrale Wikispecies:Requests for Comment-bladsy.

Stemming

Let daarop dat enige geregistreerde gebruiker hier mag stem, alhoewel diegene met min of geen vorige wysigings se stemme moontlik minder mag tel. Gee verkieslik redes vir beide stemme Template:Vír of Template:Téén want dit sal die betrokke burokraat help om 'n besluit te neem.

Groter gewig word gegee aan 'n rede met ondersteunende getuienis, indien nodig, as aan 'n blote stem.

Maak leeg die kas Gebruik die redigeerskakel hier onder om die bladsy te wysig.

Daar is nie huidiglik enige nominasies nie.

Huidige Toesighouers

Vorige aansoeke

See also