Wikispecies:Huggle

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Wikispecies:Huggle and the translation is 100% complete.

Huggle is 'n blaaier vir bladsyverskille en is bedoel vir die hantering van vandalisme en ander afbrekende wysigings op Wikimedia-projekte. Dit is geskryf in C++ en gebruik die Qt-raamwerk. Oorspronklik was dit in die .NET-raamwerk ontwikkel deur Gurch, wat nie meer aktief betrokke is by die projek nie. Enigeen kan Huggle aflaai.

Huggle kan wysigings aan Wikispecies intyds laai en nasien; dit help ook gebruikers om afbrekende wysigings te identifiseer en laat hulle toe om dit gou te herstel. Verskillende meganismes word gebruik om te besluit of 'n wysiging opbouend is of nie. Dit gebruik 'n gedeeltelike verspreide model waar wysigings onttrek word met behulp van 'n "verskaffer" (dit kan enigeiets wees wat in staat is om 'n stroom van wysiginsinligting te versprei, soos invoer van die Wikipedia API of IRC onlangse veranderings), en dan onleed word.

Hierdie inligting word dan gedeel met ander teen-vandalisme nutsprogramme, soos ClueBot NG. Huggle gebruik ook 'n paar selfleermeganismes, wat 'n insluit 'n oorhoofse witlys (vertroude gebruikers) en gebruiker-slegtheid tellings wat plaaslik op die kliëntrekenaar gestoor word.

Waar om te begin

Gebruikers behoort die Huggle-handleiding te lees voordat hulle Huggle gebruik ten einde hulself vertroud te maak met Huggle se gebruik en funksies.

Huggle is nie geskik vir onervare Wikispecies-gebruikers nie. Alle Wikimediane wat Huggle wil gebruik moet vertroud wees met die hantering van vandalisme vóórdat hulle begin. Indien jy wil ondervinding opdoen in die hantering van vandalisme, is die teenvandalisme-akademie 'n goeie plek om te begin. Op Wikispecies benodig Huggle nie terugrolmagtiging nie en dit kan getoets word op die Wikipedia Toets-Wiki sonder enige spesiale toestemming.

Nadat alle vereistes nagekom is, kan Huggle hier afgelaai word.

Laai Huggle af