Hulp:Outeurname

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Help:Author Names and the translation is 100% complete.

Outeurname

Die Naam-afdeling van 'n takson-artikel moet die naam van die oorspronklike outeur van daardie takson insluit. Dit moet gekoppel word aan die toepaslike Outeurnaam-artikel. Wikispecies-artikels bevat die blote minimum inligting. Maak eerder seker dat daar 'n ooreenstemmende Wikidata-item bestaan.

Vir elke mede-outeur moet 'n aparte kategorie ingevoeg word, en verkieslik net een per lyn vir beter leesbaarheid. Vir bv. 3 mede-outeurs X, Y, Z, sal dit so gedoen word:

[[Category:X taxa]]
[[Category:Y taxa]]
[[Category:Z taxa]]

Moenie 'n spasie na die dubbelpunt invoeg nie; daar moet geen spasie wees nie, vir tegniese redes. Let op dat hierdie kategorieë slegs op taksonbladsye ingevoeg moet word, en altyd reg onderaan die bladsy.

Formaat van 'n Outeursbladsy

Opskrifinligting

Die eerste lyntjie bevat die outeur se naam (in vetdruk), geboortejaar en, indien oorlede, sterfjaar (tussen hakies; maande of dae kan voorsien word indien nodig vir beter onderskeiding), gevolg deur die outeur se nasionaliteit en wetenskaplike kennisvelde (met spesialisvakrigtings indien bekend).

Die tweede lyntjie gee die outeursafkorting indien bekend (in vetdruk).

'n Derde lyntjie kan 'n baie kort beskrywing wees indien dit nodig is vir duidelikheid. Soms, veral as daar 'n ander outeur met 'n soortgelyke naam is (byvoorbeeld as ouers/kinders, broers/susters, of eggenote in dieselfde studieveld werk) kan dit nuttig wees om meer inligting te gee. Dit kan dan help om te onderskei wie nou eintlik die outeur van 'n gegewe takson is, daarom behoort sulke addisionele outeurname ook aan hulle onderskeie Wikispecies bladsye gekoppel te word. Laastens kan die adres van 'n werksplek bygevoeg word, indien beskikbaar.

Benaamde taksa

Hierdie afdeling vertoon outomaties inligting wat gehaal word uit die [[Category:X taxa]] wat hierbo genoem is. Dit word gedoen deur die {{Taxa authored}}-sjabloon by te voeg, as volg:

{{Taxa authored}}

Niks meer, niks minder. Die "Beskryfde taksonname" afdeling moet nie 'n inlyn-lys van al die taksa wat deur 'n outeur beskryf is insluit nie, want sommige outeurs het honderde, selfs duisende taksa beskryf. Indien almal direk op die outeurbladsy gelys sou word sal die inligting moeilik word om te lees of te bestuur. Gebruik eerder die kode hierbo; dit sal outomaties 'n skakel byvoeg na die kategorie waar al die taksonname deur daardie betrokke outeur gelys word. Dit help ook tydens soektogte indien taksonbladsye gekombineer is in outeurspesifieke kategorieë.

Taksonomiese werke

Dit is nuttig om 'n kollys van 'n outeur se gepubliseerde taksonomiese werke in te sluit onder onderafdeling == {{int:Publications}} ==, gevolg deur die {{Inc}}-sjabloon. In hierdie afdeling kan publikasies bygevoeg word as óf Verwysings óf Verwysingsjablone. Hier volg 'n voorbeeld van een verwysing, gevolg deur 'n verwysingsjabloon:

== {{int:Publications}} ==
{{Inc}}
* {{a|Arthur Gardiner Butler|Butler, A.G.}} 1876. Revision of the heterocerous Lepidoptera of the family Sphingidae. ''Trans. zool. Soc. Lond.'' 9 [http://biodiversitylibrary.org/page/30865431 511–644.]
{{Stempffer, 1967}}

Wanneer verwysingsjablone bestaan, behoort hulle by voorkeur gebruik te word eerder as om teks te herhaal.

Verwysingsjablone word grootliks verkies wanneer die verwysing baie nuwe taksa insluit en waarskynlik op baie taksonbladsye gebruik sal word.

Skakels

Hierdie afdeling kan skakels insluit na 'n biografie of curriculum vitae, personeelbladsy by 'n werksplek, ResearchGate-profiel, ens.

== {{int:Links}} ==
* [http://www.nybg.org/bsci/staf/buck.html CV at The New York Botanical Gardens]

Kategorieë

Ten minste behoort die artikel aan die Takson-outoriteite kategorie toegewys te word. Jy kan ook die outeur bylas by ander toepaslike kategorieë.

{{Authority control}}

{{DEFAULTSORT:Buck, William Russell}}
[[Category:Taxon authorities]]
[[Category:Botanists]]

Tans het ons kategorieë vir die volgende vakrigtings: Category:Arachnologists - Category:Botanists - Category:Bryologists - Category:Carcinologists - Category:Cnidariologists - Category:Coleopterists - Category:Copepodologists - Category:Dipterists - Category:Entomologists - Category:Helminthologists - Category:Herpetologists - Category:Ichthyologists - Category:Lepidopterists - Category:Lichenologists - Category:Malacologists - Category:Microbiologists - Category:Mycologists - Category:Myriapodologists - Category:Myrmecologists - Category:Ornithologists - Category:Ostracodologists - Category:Paleoentomologists - Category:Paleoichthyologists - Category:Palaeontologists - Category:Parasitologists - Category:Phycologists - Category:Spongiologists - Category:Zoologists
Verwys na Special:MyLanguage/Category:Biologists en Special:MyLanguage/Category:Taxon authorities vir toekomstige vakrigtings wat nognie hier gelys is nie.

Volledige voorbeeld van 'n outeursbladsy

{{image}}
'''Georges Cuvier''' (1769–1832), French naturalist and zoologist. Elder brother of [[Frédéric Cuvier]] (1773–1838), French zoologist and palaeontologist.

{{Author abbreviation|Zoological}}: '''J.Fabr.''' <!-- If you deal with a botanist/mycologist, use {{IPNI standard form}} instead. -->

{{Taxa authored}}

== {{int:Publications}} ==
{{Inc}}
* 1st publication
* 2nd publication
* etc...

== {{int:References}} ==
* {{aut|Faria, F.}} 2012. Georges Cuvier: do estudo dos fósseis à paleontologia. São Paulo: ''Scientiae Studia & Editora'' 34.

{{Authority control}}

{{DEFAULTSORT:Cuvier, Georges}}
[[Category:Taxon authorities]]
[[Category:Naturalists]]
[[Category:Zoologists]]

Byvoeg van inskrywings in Katalogus:Takson-outoriteite

Katalogus:Takson-outoriteite moet 'n lys bevat van alle takson-outoriteite waarna Wikispecies verwys. Outeurs word alfabeties bygevoeg volgens hulle vanne. Indien hulle 'n "amptelike" afkorting het, word dit in vetdruk en tussen hakies gelys. Ons beskou IPNI as die amptelike bron vir afkortings van plantkundiges se name.

Voeg die skakel na die artikel by, tesame met die geboorte- en sterfjare.

Verwysings vir takson-outeurs

Daar is 'n aantal bronne met inligting oor takson-outeurs.

Die Franse Wikipedia bied uitgebreide dekking oor die geskiedenis van wetenskap: Portail sur l'histoire de la zoologie et de la botanique

Die meeste Wikipedias het lyste gegrond op outeur-afkortings:

Daar is ook 'n aantal internetbronne.

Outoriteitskontrole

Sluit die {{Authority control}}-sjabloon in, soos hierbo: dit sal outomaties waardes invoer uit Wikidata. Indien daar niks in Wikidata is nie, vertoon die sjabloon niks.

Sien ook

Riglyne vir Prente Author Names/af Projeksjablone