Wikispecies:AutoWikiBrowser/CheckPage/Aanwysings

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Wikispecies:AutoWikiBrowser/CheckPage/Guide and the translation is 100% complete.

Aanwysings

Hierdie lys is slegs geldig vir Wikispecies. Vir ander Wikimedia-projekte is goedkeuring nie altyd nodig nie. Indien jy wil registreer om hierdie sagteware te gebruik nadat jy die aanwysings gelees het, rig 'n versoek op die Administrateurs se Kennisgewingbord. Enige administrateur kan enige gebruiker voeg by die lys van gemagtigde gebruikers.

Gebruik

Maak seker dat jy vertroud is met die Wikispecies beleid/riglyne, in besonder die robot-beleid, vóórdat jy hierdie sagteware gebruik, en volg dan hierdie eenvoudige gebruiksreëls:

  • Gaan elke wysiging na voordat jy dit stoor.
  • Moenie te vinnig redigeer nie; oorweeg om 'n robot-rekening oop te maak as jy gereeld meer as 'n paar wysigings per minuut aanbring.
  • Moenie enigeiets omstrede daarmee doen nie.
  • Moenie dit gebruik vir onbenullige klein wysigings nie soos om bloot:
    • Spasies in te voeg of te verwyder
    • Brokkie-etikette of kategoriename te skuif nie
  • Hou by alle Wikispecies riglyne, beleide en gevestigde gebruike.
  • Moenie wysigings maak bloot om jou wysigingsgetalle op te stoot nie.

Herhaaldelike minagting van die reëls sal veroorsaak dat die sagteware sonder waarskuwing gedeaktiveer word.

CheckPage

Vir rekeninge wat onder die robotte opskrif gelys word is die outomatiese werkswyse van AutoWikiBrowser aangeskakel. Nie alle robotte gebruik die outomatiese werkswyse nie; daardie wat dit nie doen nie word nie onder robotte gelys nie. Administrateurs het verstektoegang tot die program, so hulle hoef nie bygevoeg te word op die lys nie. Moet asseblief nie die formaat van hierdie lys verander nie. AutoWikiBrowser verwag 'n kolpuntlys, daarom moet dit geformatteer word soos: * <username>.