Wikispecies:Toesighouers/Hoe?

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Wikispecies:Oversighters/Howto and the translation is 100% complete.

Hoe word mens 'n toesighouer?

Meta-beleid vereis dat alle toesighouers minstens 18 jaar oud moet wees, wettig volwasse in hulle plek van herkoms, en gewillig om stawende identifikasie aan die Wikimedia-Stigting te verskaf.

Toesighouertoestemming word slegs aan gebruikers toegeken ná deeglike oorweging deur die gemeenskap. Dit is 'n baie sensitiewe rol en goedkeuring word nie lukraak gegee nie.

Indien jy oorweeg om aansoek te doen, bespreek dit eers vooraf met bestaande Wikispecies-toesighouers om hulle mening te kry.

'n Suksesvolle aansoek benodig minstens 25 ondersteunende stemme, plus 'n 80% positiewe stem (onderhewig aan die normale burokraatdiskressie). Toesighoueraansoeke duur twee weke.

Kragtens meta-beleid sal toesighouerstatus opgeskort word vir enige gebruikersrekening wat vir meer as 'n jaar lank onaktief is.

Ter wille van wedersydse toerekeningsvatbaarheid mag Wikispecies nie slegs één toesighouer hê nie. Indien 'n bestaande toesighouer aftree en daar net een oorbly, moet 'n ander onmiddelik aangestel word, anders sal die oorblywende toesighouerstoestemming ook verval; in so 'n geval sal toesighouerstake dan deur 'n rentmeester hanteer moet word.

Die aansoek om toesighouerskap

Wanneer jy gereed is kan jy self aansoek doen, of jou nominant vra om aansoek te doen, by Special:MyLanguage/Wikispecies:Toesighouers.