Shortcut: WS:PR

Wikispecies:Reklame

From Wikispecies
Jump to navigation Jump to search
This page is a translated version of the page Wikispecies:PR and the translation is 100% complete.

Wikispecies: Laat die gratis spesies-gids groei!

In Augustus 2004 het die Wikimedia-Stigting 'n nuwe projek, Wikispecies, geloods. Die webwerf is geskep om 'n oopbronplatform vir taksonomiese en biologiese inligting te wees.

Die inhoud van Wikispecies

Wikispecies sal 'n ernstig-betrokke gemeenskap, soos wetenskaplikes, leerders of leerkragte dien. Dit beoog om te skakel met ander projekte van die Wikimedia-Stigting, nie om 'n bio-Wikipedia te word nie. Daar is diegene in die wiki-gemeenskap wat besorg is dat Wikipedia kan versplinter, en ons wil almal dit vermy, daarom is 'n inhoudsjabloon ontwikkel om as 'n riglyn te dien. Uiteindelik sal dit by die gebruikers van Wikispecies berus om te besluit wat daarvan word.

Die sjabloon sit die voorgestelde basiese struktuur van bladsye as volg uiteen:

TAXONNAVIGASIE: Voorsien die mees algemeengebruikte takke van die taksonomiese boom en laat gemaklike navigasie deur alle lewensgroepe toe. Om taksonnavigasiesjablone op te spoor, klik bloot "wysig" bo-aan enige taksonbladsy. Om 'n sjabloon te gebruik, tik {{Naamvantak}}, byvoorbeeld: {{Aves}} vir voëls, m.a.w. Aves.

NAAM: Gee die binominale naam en die oorspronklike outeur van daardie naam, byvoorbeeld: Meles meles Linnaeus, 1758.

VERWYSINGS: Gee die publikasie waarin die oorspronklike beskrywing van die spesies verskyn het. Om dit op te spoor, probeer die volgende:

VOLKSNAME: Gee die name van spesies in ander tale (verwys na Hulp vir instruksies). Skakels na artikels oor hierdie spesies in die betrokke Wikipedias sal outomaties bygevoeg word, byvoorbeeld [[en:Badger]] (koppel na Engelse Wikipedia-bladsy oor Europese dasse) en [[de:Dachs]] (koppel na Duitse Wikipedia-bladsy oor Europese dasse).

ANDER: Probeer om nie ander inligting ook by te voeg nie. As dit moet, las dit by op die takson se besprekingsblad. Om verstaanbaarheid in alle tale te verseker behoort enige verdere inligting vir 'n spesifieke takson op die betrokke Wikipedia-blad geplaas te word.

Wikispecies mylpale

Op 20 Mei 2007 het die aantal Wikipecies artikels 100,000 verbygesteek. Hierdie mylpaal is aangeteken op Wikimedia Nuus en ingedien op die Wikipedia-koerant se Voorstelbladsy. 'n item is ook gepos op die Wikizine-wiki. Vir verdere mylpale, verwys na Wikispecies:Wikispecies mylpale.

In 2015 het ons met ons sustersprojek Wikidata saamgespan om gestruktureerde data te koördineer en integreer, beide tussen ander projekte van die Wikimedia-Stigting en met die leerders van die wêreld.

Die toekoms van Wikispecies

Hoe sal Wikispecies uiteindelik daar uitsien? Soos reeds genoem sal dit grootliks afhang van die gebruikers van die hulpbron en hulle gewilligheid om kennis te deel. Daar is reeds 'n geweldige hoeveelheid inligting aanlyn beskikbaar op 'n verskeidenheid webwerwe. Een is www.itis.gov, wat amper iets soos 'n amptelike hulpbron is. 'n Ander goeie bron is www.biolib.cz/en/main. Die meeste ander bronne is egter onderhewig aan kopiereg, dikwels nie gebruikersvriendelik nie, of beperk tot net 'n sekere groep spesies.

Dit is baie soortgelyk aan die omstandighede van gewone ensiklopedieë voor 2001. Toe is Wikipedia bekendgestel en dit was dadelik 'n sukses. Wikipedia het bewys dat die konsep van eie-administrasie uitstekend kan werk vir inligting. Daar is geen rede waarom Wikispecies nié 'n waardevolle inligtingsbron sal word nie.

Afhangende van die gebruiker se belangstelling, kan die inhoud van bydraes help om Wikispecies te laat ontwikkel tot byvoorbeeld die grootste argief van vryelik-beskikbare prente van Britse wilde diere; 'n identifikasiesleutel vir alle Europese seelewe; 'n onderrighulpmiddel vir hoërskoolonderwysers; 'n argief vir plaaslike volksname van kruie; 'n versameling webskakels na inligting oor korale; 'n verwysingsbron vir toegewyde herpetoloë wat meer wil leer van hulle troeteldiere; of bloot 'n onbeperkte en uitbreibare platform vir almal wat passievol belangstel in die lewensvorme van hierdie planeet.

Wat Wikispecies word hang van jou af. Ons voorsien die tegnologie; jy voorsien die inhoud wat jy hier wil sien.

Laat Wikispecies ontwikkel!